Selah SA

Selah SA

IMS is die koordineerders vir die Selah Suid-Afrika byeenkomste. Selah SA bied vroue die geleentheid om vir ’n paar dae af te skakel by ’n hotel met ’n spa, bederf te word, leeg te lê, lekker met mederussoekers te kuier, te lag en laf te wees – sonder om skuldig te voel. Boonop gun hierdie geleenthede dames die geleentheid om stil te word en te besin oor haar lewe, jou liefdes en geloof.

Die hoofdoel van hierdie wegbreeknaweke is om dames soos ’n splinternuwe supervroue huis toe laat ry met ’n rusige hart, ’n verkwikte siel, en ’n ontspanne lyf.

Vir meer inligting besoek SelahSA se webtuiste by www.selahsa.co.za.